Welkom by Step-Up Pre-Primêr & Privaat Akakemie.
Dit is vir ons ‘n eer en ‘n voorreg om u en u kind (ers) by ons te verwelkom as Steppies.
Die Webtuiste het ten doel om u as ouer/voog in te lig oor alle dienste wat ons skool en naskool aan u bied asook algemene reëls en regulasies wat van toepassing is op sodanige dienste. Hierdie beleid is gerig op die handhawing van standaarde en norme, behoud van Step-Up se etos en die optimale verwesenliking van Step-Up se potensiaal.
Geskiedenis
Step-Up Pre-Primêr is gestig in September 2013 met die uitsluitlike doelwit om ons kosbare klein mensies optimaal voor te berei vir die toekoms wat voorlê. Ons skep ‘n veilige, geborge omgewing waar elke kleuter die geleentheid gegun word om sy/haar individualiteit uit te leef en deur liefdevolle onderwyseresse begelei te word om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.
Die aanvraag na pre-primêre- en nasorgversorging het bly toeneem en op 2 Mei 2017 het ons ook ons dubbel medium skool te 9A Sett Straat, Boksburg Wes geopen naamlik Step-Up Private Academy / Privaat Akademie.
Ons waardes is gegrond op die vier pilare van opvoeding: liefde, respek, vertroue en kwaliteit opvoeding. Deur ons familie-atmosfeer, bevorder ons ons kleuters se emosionele ontwikkeling. Elke kleuter is immers uniek en baie spesiaal. Ons vat hande met ons ouers en glo in gedeelde verantwoordelikheid.
Wat bied ons aan
- Voldag fasiliteite vanaf 6:30 tot 17:30, Maandae tot Vrydae.
- Halfdag fasiliteite vanaf 6:30 tot 13:30, Maandae tot Vrydae.
- Naskoolsentrum vanaf: 13:00 tot 17:30
- Vakansieprogramme tydens skoolvakansies.
- Individuele aandag - Kleiner klassies met beperkte getalle met ‘n senior juffrou en assistent indien nodig.
- Christelik gebasseerde onderrig
- Onderrig in Afrikaans & Engels (Sett Str)
- Ruim buitespeelareas
- Hoë sekuriteit
- Gestruktureerde, gebalanseerde kurrikulum (6 maande tot Graad R): Formele skoolprogram met weeklikse temas vanaf 8:00 tot 13:00 en vryspel vir die middag. Ons moedig ouers aan om die kinders vir die middag te los om te speel aangesien vryspel baie belangrik is vir hulle fisiese en sosiale ontwikkeling.
- Almal slaap na middagete vir ‘n uur of meer (afhangende van ouderdom). Baie belangrik, ons vra asseblief om nie die kinders te steur gedurende slaaptyd nie tot en met 14:00. Kinders kan na 14:00 opgetel word.
- Buitemuurse aktiwiteite (opsioneel)
- Naskool & Huiswerk klasse: Gr R – Gr 7: Ons tel die kinders by Laerskool Concordia op en vervoer hulle na die verskeie naskool sentrums te Sett of Connelly str.

Submit your site in botid.org the best of internet directory for free! This business is listed under Kindergarten Directory
SonicRun.com
FreeWebSubmission.com

googleaca678bb6968c10b.html